... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Begeerte na die Sondige Wêreld

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 2:15,16 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld.

Listen to the radio broadcast of

Begeerte na die Sondige Wêreld


Download audio file

Skynheiligheid is een van die gevaarlikste dinge wat ons kan toelaat om in ons lewens wortel te skiet – veral as ons onsself bedrieg. Ons sê ons glo in Jesus, maar ons lewens weerspieël nie dat ons in Hom glo nie.

Ons is almal geneig om die Evangelie van Christus deur die lens van ons huidige werklikheid te beskou. As jy, net soos ek, in ‘n grootliks welvarende samelewing leef, is jy geneig om die Evangelie deur daardie lens van welvaart te sien. Diegene in arm omstandighede, sien die Evangelie deur hulle lens van armoede en ‘n drang na meer. Mense wat onderdruk word, sien die Evangelie van Christus deur die lens van hulle begeerte na bevryding, ensovoorts.

Die kruks van die saak is dat, te midde van die realiteit van ons huidige omstandighede, ons uiteindelik almal maar die dinge van hierdie wêreld begeer. Ja, die wêreldse dinge word vir ons belangriker as die koninkryk van God; die heerskappy van Christus. En dinge word belangriker as ons geestelike groei en die doel om ons wêreldbeskouing en ons gedrag te transformeer. Dit is die werklikheid, nè! Kom ons kyk die wêreld vierkantig in die oë:

1 Johannes 2:15,16 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld.

Dit laat jou regop sit, nè? Met watter lens sien jy die Evangelie van vergifnis en bekering? In watter mate verhinder jou wêreldse suksesbeheptheid en begeertes jou om verander te word in die vriendelike, saggeaarde, nederige en vrygewige individu wat Jesus wil hê jy moet wees?

Moenie hierdie bose wêreld of die dinge daarin liefhê nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.