... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onbillike Liefde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was

Listen to the radio broadcast of

Onbillike Liefde


Download audio file

Sommige mense hou nie van jou nie. Dit voel so onredelik en so onregverdig. Ja, ek weet geen mens kan, ten spyte van al jou pogings, almal tevrede stel nie. Maar dit maak seer wanneer jy verwerp word. Dis tog lekker as mense van jou hou!

Dit is maar net die wrede waarheid – sommige mense hou nie van jou nie; sommige haat jou selfs. Soms is dit geregverdig, soms is dit, wel, indien dit nie geregverdig is nie, miskien tog verstaanbaar, maar soms is dit sommer net onomwonde onregverdig.

As ek vinnig moet dink, sou ek sê ek kan ‘n halfdosyn mense opnoem wat regtig nie van my hou nie. Daar is ongetwyfeld baie meer as dit. En ja, in sommige gevalle, gegewe my gedrag oor die jare, is dit geregverdig of ten minste verstaanbaar. Maar in sommige gevalle is dit beslis onregverdig.

En wat nou gedaan? Hoe hanteer jy dit? Laat jy dit aan jou vreet, of hanteer jy dit? En as jy besluit om dit te hanteer, presies hoe hanteer jy dit?

Die apostel Paulus het dit so gestel in:

Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Ek weet nie van jou nie, maar wanneer ek stil word en dit herkou, en wanneer ek toelaat dat die Heilige Gees my hart deursoek, oorweldig dit my. God het elke rede gehad om my te haat. Hy het vandag nog steeds! En ek vermoed, dat wanneer jy aan alles dink wat jy in jou lewe gedoen het, voel jy ook baie skuldig. Maar in plaas daarvan om ons te straf, stuur Hy Jesus om te sterf, om vir óns sonde te betaal, as die grootste van alle liefdesverklarings. 

Die Amerikaanse teoloog R.C. Sproul het dit so gestel: “Wanneer ek dink ek word onregverdig gehaat, probeer ek onthou dat ek onregverdig geliefd is.”

Dis hoe jy dit hanteer!

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.