... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Deel Dit!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jeremia 20:9 En wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nie en nie meer in sy Naam praat nie, dan word dit in my soos 'n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie. Ek is moeg van weerstand bied daarteen, ek kan nie meer nie.

Listen to the radio broadcast of

Deel Dit!


Download audio file

Omdat dit deesdae so moeilik is om openlik van God se liefde, in Jesus Christus te praat, het baie Christene opgehou om te getuig. En tog is daar iets binne-in ons wat, wel, jy weet …

Het jy die afgelope tyd gesukkel om die goeie nuus van Jesus met ongelowiges, te deel? Het jy dalk, al ‘n bietjie sku geword, omdat jy al so dikwels stilgemaak is?

Die waarheid is dat baie Christene stil geword het. En so word die Goeie Nuus van Jesus gekniehalter; die Evangelie van vergifnis en bekering word nie gedeel nie.

Ek praat nie hier van predikers nie. Nie almal is daartoe geroep om te preek nie. Ek praat ook nie daarvan om, soos sommige vuur-en-swawelpredikers, godsdiens in mense se kele af te druk nie. Nee. Ek verwys na die eenvoudige, natuurlike, liefdevolle en vriendelike oordra van die Jesus-verhaal – nie slegs deur ons woorde nie, maar ook deur ons dade.

Die Ou Testamentiese profeet Jeremia het ook hierdie probleem ondervind toe hy geskryf het in:

Jeremia 20:9 En wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nie en nie meer in sy Naam praat nie, dan word dit in my soos ‘n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie. Ek is moeg van weerstand bied daarteen, ek kan nie meer nie.

Mag die Woord van Christus soos ‘n vuur, wat binne-in jou brand, diep in jou hart, diep in jou gebeente, wees. En my gebed vir jou is dat jy moeg sal word om die vuur te onderdruk; dat jy dit in jou eie ruimte, op jou eie manier, met jou eie gawes – op een of ander manier – sal deel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.