... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Einde van die Wêreld

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 2:17 Dié wêreld én sy begeerlikhede is aan die verbygaan. Wie die wil van God uitvoer, leef egter vir altyd. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Einde van die Wêreld


Download audio file

Eendag sal al die dinge wat ons in hierdie wêreld as kosbaar beskou – ons verhoudings, ons besittings, selfs ons reputasies – tot niet gaan. Alles wat ‘n hoë prioriteit in jou lewe en in myne is, sal heeltemal irrelevant word.

Dit is ‘n ontnugterende gedagte, maar in ‘n wêreld wat soveel bied, is dit dalk tyd dat ons nugter daarna kyk. Daar is niks verkeerd daarmee om op jou gesin te fokus, ‘n loopbaan met alles wat dit behels, te hê nie, maar eendag sal hulle almal weg wees.

Ja, hier is ons. Ons leef te midde van soveel alternatiewe met die risiko om van die belangrikste, die kragtigste werklikheid van almal: God self, weggerokkel te word.

Mag ek jou vandag vra: het jy bietjie vir bietjie meer begin fokus op jou omstandighede – meer op die tydelike dinge – en minder op wat Jesus, God se Seun, wat gesterf het, en weer opgestaan het om jou vry te maak, om vir jou ‘n nuwe en ‘n ewige lewe te bring? Ek vra maar net, want ons lees in:

1 Johannes 2:17 Dié wêreld én sy begeerlikhede is aan die verbygaan. Wie die wil van God uitvoer, leef egter vir altyd. (NLV)

Ons lewens hier op hierdie aarde is minder as ‘n enkele sandkorrel in die oneindige heelal, want die lewe wat ons anderkant die graf sal lei, sal vir alle ewigheid voortduur. Dit sal nooit eindig nie. En daardie lewe sal óf in die Teenwoordigheid van God geleef word, óf in pyniging, geskei van Hom.

My vriend, hierdie wêreld gaan verby, en al die dinge wat ons in die wêreld begeer, gaan verby. Maar wie doen wat God wil, sal vir ewig lewe.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.