... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Goudstandaard

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

Listen to the radio broadcast of

Die Goudstandaard


Download audio file

Ons dink selde oor wie of wat ons toelaat om ons denke en optrede te beïnvloed. In hierdie media gedrewe era verbruik ons meestal net “goed,” sonder om eers te dink. Maar dit is ‘n gevaarlike ding om te doen.

Invloed – dis ‘n kragtige konsep. Soos ons die afgelope paar dae gesien het, hou dit ‘n groot seën in om onsself deur die regte mense te laat beïnvloed. Goddelike rolmodelle is kragtige wegwysers wat deur God daar geplaas is, om ons in die regte rigting te lei.

Maar om onsself deur die verkeerde mense te laat beïnvloed, loop uiteindelik op ‘n ramp uit. Om onsself te laat manipuleer deur wat die apostel Paulus “vyande van die kruis” noem; of dit nou individue, korporatiewe bemarkingsfoefies, die heersende sosiale tendense, politieke faksies, of gevaarlike geloofsoortuigings is… dit sal op die ou end rampspoedig wees.

Dit maak sin, maar nou kom die vraag: hoe onderskei jy tussen goeie en slegte, met ander woorde, tussen goddelike en goddelose mense vir wie jy toestemming gee om in jou lewe inspraak te hê? Dit is eintlik heel eenvoudig. Jy pas die goudstandaard toe:

Filippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

Ek en jy behoort nie aan hierdie wêreld nie. Jesus het dit baie duidelik gestel dat ons, nes Hy, in hierdie wêreld is, maar nie van die wêreld nie. As jy dus twyfel, kyk na Jesus – Hy is die goudstandaard; die hemelse standaard.

Mense, bestuursliggame, leiers … hulle kan almal sê wat hulle wil, maar as ons Jesus die Here van ons lewe noem, is Hy ons standaard. Hy is die heerser teenoor wie ons die ander mense, wat seggenskap oor ons lewens wil hê, moet opweeg.

En as hulle nie aan die standaard voldoen nie, gooi hulle uit. Dit kan op die kort termyn seermaak, maar onthou, jy wag vir Jesus, jou Verlosser, om terug te kom. Dit is wat werklik saak maak.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.