... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag van Monogamie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.

Listen to the radio broadcast of

Die Krag van Monogamie


Download audio file

In baie dele van die wêreld word die huwelik al hoe minder as die ‘regte-ding-om-te-doen’ beskou – dit word as ‘n outydse gebruik bestempel. Mense woon net saam, hulle breek die verhouding, gaan aan, vind ‘n ander maat … en dit is die lewe. Dit is maar hoe dinge is.

In daardie konteks begin die Christelike siening van die huwelik  ‘n bietjie outyds lyk. In sekere kerke word dit ook glad nie meer as belangrik beskou dat iemand tot hul troudag rein moet bly nie. Maar ons lees in:

Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.

Ag, kom aan! Regtig? Kan mense vandag nog so dink?! 

Ek het onlangs ‘n interessante artikel gelees van ‘n uitgesproke ateïs en historikus, Tom Holland. 

Terwyl hy antieke geskiedenis bestudeer het, het hy ‘n baie interessante ontdekking gemaak. Die mense wat eeue gelede gelewe het, was baie wreed en hul waardes was heeltemal vreemd vir hom.

‘Die Spartane het gereeld “onvolmaakte” kinders vermoor. Slawe se liggame is gebruik vir die mense met mag se fisiese plesier. Kindermoord was ‘n algemene praktyk. Die armes en die swakkes het geen regte gehad nie.’

‘Hoe het ons uit daardie verskriklike lewenstyl tot hier gekom? Dit was Christenskap wat dit veroorsaak het’, skryf Holland. ‘Die Christendom het, op die gebied van seks en die huwelik ‘n omwenteling teweeggebring. Hulle het geëis dat mans hulself beheer en alle vorme van verkragting verbied. Die Christendom het seksualiteit binne monogamiese verhoudings beperk. Dit is ironies’, merk Holland op, ‘dat dit nou daardie einste standaarde is, waarvoor daar deesdae met die Christene gespot word. Dis die Christendom wat vroue verhef het. Dit kom daarop neer dat Christenskap die wêreld totaal verander het’.

Die verval van hierdie Christelike waardes waar die samelewing teen die helling van onsedelikheid afgly, dra ‘n verskriklike koste: Gebroke gesinne, vaderlose kinders en vernietigde lewens. Maar ons weet dat daar ‘n afrekening sal plaasvind.

Die huwelik moet deur almal geëer word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.