... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dit is Jou Super Kragbron

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe

Listen to the radio broadcast of

Dit is Jou Super Kragbron


Download audio file

Ek is anderdag stomgeslaan deur iets wat Des Ong, vir my gesê het. Hy het gesê: “Ek is moeg daarvoor dat mense ’emosionele intelligensie,’ of EQ, as ‘n mindere vaardigheid bestempel. Nonsies! Emosionele intelligensie is jou superkrag!” Beslis!

Nouja, ons is almal anders. My IK is heel oukei, maar ek het beslis ontdek dat my EQ (my emosionele intelligensie) beslis nie so wonderlik is nie.

Ander mense is gelukkig minder krities as wat ek is in die  veroordeling van myself, maar ons weet almal dat ons tekortkominge het – elkeen van ons. En dit is, ag so maklik, om ons tekortkominge te regverdig, om grappies, of verskonings oor hulle te maak.

Ek is heeltemal eerlik teenoor jou. Ek sal altyd my talent in die veld van emosionele intelligensie om daardie rede, onderbeklemtoon, maar ek probeer terselfdertyd om dít wat God in sy Woord vir my gesê het, doelgerig uit te leef. Wat van jou? Oorweeg dit aan die hand van:

Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Ons moet ophou om verskonings vir ons gebreke te maak – ons is immers deur God uitgekies en geliefd; ons is sy uitverkore volk. En waarna sou jy sê verwys hierdie Skrifgedeelte? Dis reg, emosionele intelligensie. Betoon genade. Wees vriendelik, nederig, saggeaard en geduldig, moenie gedurig kwaad word nie, wees vergewensgesind.

Hoe ontwikkel jy jou emosionele intelligensie? Begin hier by hierdie goeie raad. Net hier in God se Woord. En, hou tog dadelik op om verskonings te maak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.