... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dood het Geen Gesag Meer Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 6:7-9 lemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde. Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.

Listen to the radio broadcast of

Dood het Geen Gesag Meer Nie


Download audio file

Het jy al ooit gewonder hoe jou lewe vandag sou lyk, as Jesus jou nie langs jou pad ontmoet het nie? As jy nie sy stem, wat jou na sy vryheid, sy vrede en sy ewigheid roep, gehoor het nie?

Dit is iets waaraan ek al dikwels gedink het, want Jesus het na my uitgereik, op daardie oomblik, daar op ‘n balkon, op die 8ste verdieping van ‘n hotel, waar ek my lewe wou neem.

Indien Jesus nie op daardie oomblik my hart aangeraak het nie, is daar ‘n groot waarskynlikheid dat ek nie nou hier sou gewees het nie. Maar erger nog – die waarskynlikheid bestaan dat ek my ewigheid in daardie plek, wat ons die hel noem, sou deurbring en vir ewig en altyd van sy liefde geskei gewees het.

My lewe was vasgevang in sonde. Ek het vir die eerste keer oorwinning oor my sonde beleef, toe ek God se vergifnis, wat deur Christus se soenoffer aan die Kruis moontlik gemaak is, aanvaar het. Ja, ek het vry geword van ‘n onafwendbare uiteinde: die ewige dood. 

Romeine 6:7-9 Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde. Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.

Die dood kon Hom nie vashou nie. En as jy in Jesus glo, luister mooi na my, dit is só, só belangrik, dat jy ook jou ewigheid in die Teenwoordigheid van God sal deurbring. Dit is jou toekoms … as jy jou vertroue in Jesus gestel het.

My vriend, ek smeek jou, waar jy ook al vandag is, om jouself op die genade en barmhartigheid van God in Jesus Christus te beroep. Want in Hom het die dood nie meer heerskappy oor jou nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.