... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dr Livingstone, Neem Ek Aan?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Eksodus 33:13-16 As U my dan goedgesind is, maak my u wil bekend, sodat ek U kan leer ken en kan doen wat U verwag. Onthou tog hierdie nasie is u volk.” Toe het die Here gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?” Toe het Moses vir Hom gesê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie. Hoe sal die mense weet dat ek en u volk u goedgesindheid geniet as U nie saam met ons gaan nie? Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.”

Listen to the radio broadcast of

Dr Livingstone, Neem Ek Aan?


Download audio file

Wanneer iets werklik belangrik is, is dit die moeite werd om dit te herhaal, nè? En wat vandag vir my en vir jou en vir enigiemand anders wat in Jesus glo, werklik belangrik is, is om nie sonder Jesus voort te jaag nie.

Moses het baie ontberings verduur terwyl hy Israel uit hul slawerny in Egipte uitgelei het. Dit het begin met Farao se leër wat hulle agtervolg het. Kort daarna het die Israeliete begin brom en kla. Daar was ook talle uitdagings oor kos en water … dit het net aan en aan en aangegaan.

Kom ons kyk ‘n bietjie na Moses se opregte gebed tot God in:

Eksodus 33:13-16 As U my dan goedgesind is, maak my u wil bekend, sodat ek U kan leer ken en kan doen wat U verwag. Onthou tog hierdie nasie is u volk.” Toe het die Here gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?” Toe het Moses vir Hom gesê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie. Hoe sal die mense weet dat ek en u volk u goedgesindheid geniet as U nie saam met ons gaan nie? Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.”

Moses wou eenvoudig nie die tog sonder God aanpak nie.

David Livingstone, die beroemde 19de-eeuse sendeling wat na Afrika gekom het, het as volg gebid: God, stuur my na enige plek toe, maar gaan net saam met my. En verbreek enige verbintenis in my hart, behalwe die band wat my hart aan U bind.

Watter reis ook al vir jou voorlê of watter struikelblok jy ook al geroep word om uit die weg te ruim … moenie alleen gaan nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.