... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ek Het Te Min Geloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 17:19,20 Die dissipels het toe alleen na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?” “Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

Listen to the radio broadcast of

Ek Het Te Min Geloof


Download audio file

Het jy al ooit gevoel: “Ek het eenvoudig nie genoeg geloof om deur hierdie moeilike situasie te kom nie?” Net wanneer jy dit die nodigste het, en jy jou daar buite in daardie woestyn bevind,  lyk dit asof jou geloof jou verlaat het. Wel, jy is nie die enigste een nie!

Omdat ek twee Wiskunde hoofvakke op universiteit gehad het, kan ek jou vertel dat dit presies tienduisend en ses dae is sedert ek, op die 15de Oktober 1995, na Jesus toe gekom het. Dis die dag wat ek Hom gevra het om my te vergewe en my lewe aan sy voete neergelê het.

Soos jy jou dalk kan voorstel, was daar baie lief en leed in my lewe in die tussentyd. En, net soos jy, was ek tydens baie van daardie “donker dae” in die een of ander diep en donker put. Ek het gevoel asof my geloof tot niet is. Ja my vriend, jy is nie alleen nie. Trouens, ons is in baie goeie geselskap:

Matteus 17:19,20 Die dissipels het toe alleen na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?”

“Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos ‘n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

Ek het onlangs ‘n foto van ‘n piep-piepklein mosterdsaadjie – die kleinste van alle saadjies wat in Jesus se tyd bekend was – op die punt van iemand se vinger gesien. Die byskrif het gelui: Staan terug, ek het ‘n mosterdsaadjie en ek is nie bang om dit te gebruik nie.

As dit al geloof is wat jy het, dan is dit meer as wat jy ooit sal nodig hê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly