... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Emosionele Insig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 9:4-6 Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!” En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê: “Kom eet by my, kom drink van die wyn wat ek reggesit het! Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!”

Listen to the radio broadcast of

Emosionele Insig


Download audio file

Een van die dinge waarmee die meeste van ons sukkel is om, voordat ons iets sê of doen ander mense se emosies te lees. Maar weet jy, daar is ‘iets anders’ waarmee ons nog slegter is.

En daardie ‘iets anders’ is dat ons nie, voordat ons praat of optree, bewus is van ons eie emosionele toestand nie. Miskien voel jy ‘n bietjie neerslagtig, en in plaas daarvan om iemand te bedank, behandel jy hom soos ‘n voorwerp en nie soos ‘n persoon nie. Of dalk is jy kwaad, en dan jy sê iets, sonder om eers te besef dat jy kwaad is, en weet jy, jy kan daardie woedende woorde nooit weer terugneem nie.

Die studiegebied van emosies kan so duister soos die nag wees, nè? En hoe ons ons eie en ander mense se emosies herken en daarop reageer, het ‘n radikale uitwerking op die soort lewe wat ons uiteindelik sal lei. Vandag se wysheid – God se wysheid – nooi ons uit:

Spreuke 9:6 Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!” En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê: “Kom eet by my, kom drink van die wyn wat ek reggesit het! Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!”

Jy kry die antwoord by God. Hy nooi jou uit om Hom vir duidelikheid oor emosies te vra. En sy Woord – die Bybel – is propvol daarvan. Die soort insig en inderdaad, die Heilige Gees, is so nodig om ons te laat weet hoe ons voel, voordat ons iets sê of doen.

Ons kry ook die soort wysheid en insig, wat ons nodig het om uit te vind hoe die ander persoon voel, van Hom af. Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!

Dis wat God begeer. Dit is die antwoord wat Hy jou bied.

Want dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.