... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gehoorsaam die Wet van Christus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 6:2 Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.

Listen to the radio broadcast of

Gehoorsaam die Wet van Christus


Download audio file

Nouja, kom ons verbeel ons dat jy iewers diep in jou hart die regte ding wil doen; jy wil doen wat God jou beveel om te doen. Maar soos ons gister gesien het, is dit nie altyd so maklik nie … is dit?

Nee dit is nie! Trouens, party dae voel dit heeltemal onmoontlik. Dit is ‘n feit soos ‘n koei. Jy begin elke oggend met die beste bedoelings, maar dan kom daar iemand of iets oor jou pad, en jy struikel oor dieselfde hindernis as wat jy gister, en die vorige dag en die dag voor dit, gestruikel het.

Maar Here, ek wou die regte ding doen … en toe kom daardie idioot en ek vererg my so, dat ek sy kop afgebyt het.

Dis hoe dit gaan. Wat ook al die situasie, wat ook al die omstandighede, dit gebeur met ons almal. Nouja, kom ons wees paraat – kom ons raak proaktief en besluit om die regte ding te doen.

Galasiërs 6:2  Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.

Wat ‘n kragtige vers. Ja, daardie mense wat ons irriteer, het hulle eie swakhede, hul eie probleme en spanning, hul eie seer en hul eie demone om te hanteer. Ons het dikwels geen idee waardeur hulle gaan nie. En ek glo – eintlik weet ek – dat God vandag, deur Sy Woord, vir ons die krag gee om hulle anders te behandel. Om in plaas daarvan om te reageer, soos wat ons gewoonlik doen, hulle te help wanneer hulle in ‘n moeilike situasie verkeer.

Kom ons stop net hier en dink daaroor na; laat dit insink. As ons kies om in daardie oomblik van versoeking, hulle lief te hê en om hulle te help, in plaas daarvan om hulle koppe af te byt, dan gehoorsaam ons die wet van Christus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.