... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maak Dit ‘n Verskil?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 4:18,19 hulle verstand is verduister, en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard. Hulle het heeltemal afgestomp geraak en hulle met 'n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen.

Listen to the radio broadcast of

Maak Dit ‘n Verskil?


Download audio file

Terwyl Jesus die stofpaaie van die eerste eeuse Israel bewandel het, het Hy ‘n paar kragtige dinge gedoen en gesê. Ontelbare lewens is aangeraak en getransformeer. En dit is die kruks van die saak. Wanneer ons uiteindelik vir Jesus ontmoet, is daardie ontmoeting daar om ons lewens te verander.

Dit is snaaks hoe ons almal aan die een kant ‘n beter lewe wil leef, maar aan die ander kant wil ons nie die dinge wat ons lewens verwoes, prysgee nie en dit keer ons om te verander; dit verhoed ons om te groei.

Jesus het ‘n paar ongelooflik konfronterende dinge om oor ons sonde, joune en myne, te sê. Soms dring sy woorde ons harte binne. Ander kere is ons, tot ons eie nadeel, hardnekkig ontoeganklik daarvoor.

Ek wonder hoeveel aansluiting jy hierby vind? Ek wonder hoe jy in ‘n oomblik van eerlike selfondersoek die volgende vrae sou beantwoord: Hoeveel verskil het my ontmoeting met Jesus in my lewe gemaak? Hoeveel is ek getransformeer? Hoeveel het ek verander? Hoe verander ek daagliks as gevolg van sy invloed in my lewe?

Van diegene wat Christus regtig nie in hulle harte toegelaat het nie, skryf die apostel Paulus in:

Efesiërs 4:18,19 hulle verstand is verduister, en hulle het geen deel aan die lewe wat God skenk nie, omdat hulle hardnekkig in hulle onkunde volhard. Hulle het heeltemal afgestomp geraak en hulle met ‘n onversadigbare drang aan losbandigheid oorgegee om al wat vuil is, te doen.

Dit is ‘n baie verdoemende aanklag, nè? Maar die vraag, wat ons elkeen met erns vir onsself moet afvra, is, in watter mate beskryf dit my? Daar word gesê dat kerk baie soos ‘n hospitaal is. Sommige pasiënte reageer op behandeling, ander … nie.

Hoeveel verskil maak Jesus in jou lewe?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.