... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Leen Sonder Om Iets Terug te Verwag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.

Listen to the radio broadcast of

Leen Sonder Om Iets Terug te Verwag


Download audio file

In vandag se tyd is die verwagting dat wanneer jy in iets belê, jy ‘n opbrengs moet kry. Dit is tog immers wat die wêreldekonomie, aan die gang hou. Ek leen jou geld, en jy betaal my die kapitaal plus rente terug. Dit is die ooreenkoms.

Wanneer dit by die ekonomie kom, is so ‘n ‘transaksie’ billik. Maar wat gebeur in ons interpersoonlike verhoudings? Wanneer jy iemand, byvoorbeeld, ‘n hupstootjie by die werk gee; wanneer jy uit jou pad gaan om ‘n persoon te ondersteun of hom op een of ander manier help, watter teenprestasie verwag jy in ruil daarvoor, hm?

Dit klink mos reg? Ons is so geneig om die lewe op dié manier te benader: as ek ‘n belegging maak, moet ek ‘n opbrengs kry. Maar kyk hoe Jesus die hele idee van ‘n ‘redelike transaksie’ op sy kop draai met hierdie radikale uitspraak:

Lukas 6:35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle ‘n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.

Asof dit nie genoeg is om jou vyande lief te hê en goed te doen teenoor hulle nie, gaan Jesus voort om ons verwagting van ‘n opbrengs op belegging te ondermyn. Ja-nee, dit kanselleer die mees fundamentele, van beide die ekonomiese en die interpersoonlike verwagtinge uit.

Leen sonder om iets terug te verwag – dit is die slegte nuus. Maar wat is die goeie nuus dan? As jy dit doen, sal jy ‘n groot beloning hê. Jy sal ‘n kind van die Allerhoogste God wees.

Hoe wonderlik is dit nie wanneer ons stilweg in iemand anders belê en niks van hulle terug verwag nie, net om dan om die volgende draai te ontdek dat God ons op die mees onverwagte wyse seën?

Dan sal daar vir julle ‘n groot beloning wees. 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly