... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie die Feite Ignoreer Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 17:14-17 Ek het u boodskap aan hulle oorgedra, maar die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie aan die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur ’n hegte verbintenis aan die waarheid. U woord is die waarheid. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Moenie die Feite Ignoreer Nie


Download audio file

Tydens Jesus se verhoor het Pontius Pilatus die vraag: “Wat is die waarheid?” gevra. Dit is ‘n vraag, wat ek myself dikwels afvra. Ek dink ons behoort dit almal gereeld te vra, sodat ons nie meegesleur word deur die leuens wat om elke hoek en draai van die media-gedrewe-era waarin ons leef, in ons kele af geforseer word, nie.

Ek klink ‘n bietjie soos ‘n sameswerings-teoretikus, nie waar nie? Ek is nie een nie – maar ek dink dis jou plig om dinge wat ander mense as feite en as die waarheid voorhou, te bevraagteken. 

Aldous Huxley, die 20ste eeuse Britse filosoof met ‘n selferkende, sterk anti-Christelike vooroordeel, het gesê: feite verdwyn nie, selfs nie eers wanneer hulle geïgnoreer word nie. Die gedagte word ongelooflik goed uiteengesit in sy boek, “Brave New World” ‘n wetenskapsfiksie werk waarin mense ‘n onmenslike, afgryslike lewe ly. Die held, ‘n karakter genaamd Bernard Marx, is die enigste een wat werklik terugstaan en die sosiale manipulasie wat aan die gang is, bevraagteken. Hy word uiteindelik na ‘n eiland verban omdat sy gedrag verskil van die standaarde en idees van sy tyd. 

Om op te staan vir die waarheid was nog nooit ‘n gewilde ding om te doen nie. Vra vir Jesus. Hulle het Hom daarvoor gekruisig. Dit is wat Hy in sy gebed vir sy dissipels gebid het:

Johannes 17:14-17 Ek het u boodskap aan hulle oorgedra, maar die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie aan die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur ’n hegte verbintenis aan die waarheid. U woord is die waarheid. (NLV)

As ons na die hoofstroom, die sosiale en politieke denke, of na die vervalle sedes waarin ons gedompel word, kyk, is die waarheid deesdae maar skaars.  

God se Woord is die waarheid. 

En dit is vars … vir jou … elke dag.