... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

My Gebed Vir Jou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 1:9 -11 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.

Listen to the radio broadcast of

My Gebed Vir Jou


Download audio file

Vandag wil ek iets met jou deel waaroor ek ongelooflik passievol is; iets wat my motiveer en my inspireer om te doen wat ek doen. Dit is om jou te sien groei na volwassenheid in ‘n ryk, kragtige en dinamiese verhouding met Jesus.

Die apostel Paulus het byna die helfte van die boeke in die Nuwe Testament geskryf. Daardie “boeke” is in die vorm van briewe aan verskillende gemeentes; talle van die gemeentes wat hy en sy medewerkers self geplant het. En dwarsdeur daardie briewe, selfs wanneer hy hulle vermaan, soos hy byvoorbeeld met die Korintiërs en die Galasiërs gedoen het, is sy pastorale hart vir hulle so duidelik waarneembaar – ja, hy het beslis nie ‘n moordkuil van sy hart gemaak nie! Jy kan dit nie miskyk nie.

En dis hoe ek oor jou en die talle ander wat deel aan hierdie daaglikse VARS oordenkings het, voel. Toe ek hierdie woorde van Paulus aan die gemeente in Kolosse gelees het, het dit my diep ontroer:

Kolossense 1:9-11 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard.

Terwyl ons elke dag saam die VARS-boodskappe deel, bid ek hierdie woorde van Paulus vir jóú.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.