... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Ander Perspektief

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

Listen to the radio broadcast of

‘n Ander Perspektief


Download audio file

Ek weet nie of jy in God glo nie. Ek het uiteraard geen idee waar jy ten opsigte van geloofsake staan nie, maar daar is vandag iets op my hart wat ek met jou wil deel. Eintlik is dit die heel belangrikste ding wat ek ooit met jou kan deel.   Dis ‘n snaakse ding; iets onbekend kan van ver af vreesaanjaend voorkom, maar diep in ons hart weet ons dis die regte ding.   Neem byvoorbeeld verandering. Verandering is onvermydelik, maar dit bevat dikwels ‘n element van vrees. Wat sal gebeur as my plan nie werk nie? Wat sal gebeur as ek misluk? En wat sal gebeur as alles net erger word in plaas beter? Ons ervaar almal daardie gevoel van afwagting aan die een kant, maar vrees aan die ander kant.   En weet jy, dis maklik om na Jesus te kyk en te glo dat Hy goed is, maar wat doen ek dan? Wat doen ek, as Hy my dan vra om iets te doen wat ek nie wil doen nie? Wat gebeur as ek met volle oorgawe besluit om Hom te volg en dit werk nie soos ek gedink het dit sou nie?   Jy hoor Hom fluister – ‘Ek is lief vir jou’. Jy voel daardie verlange, daardie hartsbegeerte om Hom te volg. Miskien is dit vandag die dag vir jou om daardie stap te neem. Miskien is dit vandag die dag om daardie uitnodiging te aanvaar. Miskien is dit vandag die dag om met ‘n ander perspektief na Hom te kyk. Ons lees in:   Matteus 4: 18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om ‘n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.   Hoor jy vandag hoe Jesus na jou roep? Volg hom.   Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge