... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Toekoms, nie Slegs ‘n Goeie Hede Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 15:17-19 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense..

Listen to the radio broadcast of

‘n Toekoms, nie Slegs ‘n Goeie Hede Nie


Download audio file

Miljarde mense het oor die afgelope tweeduisend jaar in die dood en opstanding van Jesus Christus geglo. Dis maklik om in sy dood, te glo. Maar sy opstanding? Nee wat!

Nou ja, was daardie miljarde reg? Was daardie miljarde mense wat geglo het dat die dood van Jesus vir hulle sondes betaal het en dat hulle deur sy opstanding die gratis gawe van die Ewige Lewe ontvang het, korrek?

Op die keper beskou … kan dit nogal verwarrend klink. Maar hier is die kern: Die dood en opstanding van Jesus is ‘n pakket. Jy kan hulle nie skei nie. Jy plaas óf jou vertroue in Jesus vir beide, óf glad nie. En dit is nie net ek wat dit sê nie. Hier is wat Paulus in ongeveer 60 n.C. gesê het in:

1 Korintiërs 15:17-19 En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.

Die hele uitgangspunt van die Christelike geloof – alles – berus op die waarheid dat Jesus inderdaad uit die dood opgewek is. Ons is nie veronderstel om in Jesus te glo net sodat ons ‘n beter lewe op hierdie aarde kan hê nie – alhoewel hierdie nuwe lewe vanselfsprekend ingesluit is – maar vir ‘n Ewige Lewe saam met Hom, juis omdat Hy die graf oorwin het.

Ons moet in elk geval op Jesus vertrou vir ‘n ryker, voller, meer oorvloedige lewe op aarde, maar dis nie vergelykbaar met die wonder wat in die ewigheid saam met Hom op jou wag nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.