... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Goeie Storie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 4:10,13 Toe Hy alleen was, het die omstanders saam met die twaalf Hom uitgevra oor die gelykenisse En Hy sê vir hulle: “Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? Hoe sal julle dan al die gelykenisse verstaan? (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

‘n Goeie Storie


Download audio file

Ons hou van ‘n goeie storie, veral wanneer ons onsself daarmee  kan vereenselwig en as dit ons êrens diep binne-in raak. Daarom pink ons somtyds ‘n traan wanneer ons na ‘n film kyk.

Ek het al na droë preke, wat klink asof dit direk uit ‘n handboek  aangehaal word, geluister. Maar aan die anderkant het ek al prediking gehoor, wat prakties is en God vir my ‘n realiteit maak. Ek is seker jy het dit ook al beleef, en jy hoef nie ‘n genie te wees om uit te vind watter een die beste werk nie.

Jesus het baie van sy prediking gedoen deur middel van stories oor boere en graan en sade, lampe en troues. Dit moes vir die skare vreemd geklink het, in vergelyking met preke wat hulle in die plaaslike sinagoge gehoor het – amper ontheiliging vermoed ek. En soms het hulle nie eers sy boodskap verstaan nie.

In Markus 4:10,13 lees ons: Toe Hy alleen was, het die omstanders saam met die twaalf Hom uitgevra oor die gelykenisse.

En Hy sê vir hulle: “Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? Hoe sal julle dan al die gelykenisse verstaan? (AFR20)

Jesus het hierdie gelykenis aan sy binnekring verduidelik, maar die res van die skare is net so verward soos hierdie paar dissipels huis toe.

Jy kan jouself indink in die gesprekke daardie aand om die etenstafel, “Wat dink jy het Hy daarmee bedoel?” “Wel, ek dink dat …” So het hulle Jesus se woorde herkou en dit verteer, totdat die waarheid van wat Hy gesê het, tot hulle deurgedring het.

Party dae lyk dit asof God se Woord nie veel sin maak nie, en daarom gee ons al te maklik moed op.

Maar daar is ‘n alternatief. Praat daaroor, kou dit, vra vrae … en voordat jy weet, sal die waarheid duidelik word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge