... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Plek Waar Jy Guns Geniet

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 4:16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

Listen to the radio broadcast of

‘n Plek Waar Jy Guns Geniet


Download audio file

Onthou jy, hoe moeilik daardie jare gevoel het, toe jy ‘n tiener was? Daar was jy – nog vis nog vlees. Dit was dikwels so verwarrend en niemand het jou verstaan nie. . .

Daar is niks erger as om misverstaan te word nie! Jy voel asof niemand anders al ooit deur die moeilike tyd is, waardeur jy nou gaan nie. Hulle het tog nie die dinge met hul eie oë gesien of die dinge gevoel wat jy nou voel nie … En ten spyte van die feit dat jy deur ‘n groep mense met goeie bedoelings omring word, voel jy eensaam en desperaat.

En dis presies hoe dit vir ander mense voel, wanneer ek en jy hulle nie verstaan nie. Ja, voordat ons probeer om onsself in hulle posisie te plaas en om werklik te probeer begryp wat in hul koppe en in hul harte aangaan, veroordeel ons hulle so maklik.

Gister het ons gesels oor die feit dat alhoewel God reeds alle dinge weet en verstaan, Hy gekies het om ‘n mens, Jesus, te word. Hy het gekies om in elke opsig net soos ons, versoek te word en om Homself in ons posisie te plaas.

Hebreërs 4:16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

Daarom (omdat Hy ook ‘n mens was) kan ons sy troon nader. En syne is nie ‘n troon van oordeel nie, maar van genade. Ja, in ons uur van nood hoef ons nie bedees en bang na Hom te gaan om genade en guns en hulp te bedel nie, ons kan dapper en met vrymoedigheid gaan. Halleluja!

Maar dink net – wag, dink net – hoe wonderlik sal dit wees as die mense in ons lewens dieselfde genade by ons sou kon ontvang? Ja, as hulle seker was van die feit, dat wanneer hulle na ons toe kom, hulle ‘n veilige ruimte binnegaan – dat ons hulle nie sal veroordeel nie, maar met barmhartigheid en genade sal help?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.