... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Pasop vir Hierdie Slagyster

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 29:25 Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Pasop vir Hierdie Slagyster


Download audio file

Was jy al ooit bang? Ek was! Ja, ek weet, dit is ‘n natuurlike, ingeboude reaksie om ons veilig te hou. Maar as ons te lank in daardie toestand leef, kan dit ons heeltemal in die verkeerde rigting lei.

Ek was al in my lewe in ‘n paar motorongelukke betrokke, en ek onthou goed hoe my adrenalien vlakke gestyg en vrees oorgeneem het. Daardie reaksie is ‘n goeie ding – want dit gee jou energie en dit laat jou besluit of jy moet veg of vlug.

Maar wanneer daardie vrees, te midde van ‘n hoë mate van onsekerheid voortduur, veral wanneer ons in ‘n baie moeilike situasie is, kan ons verkeerde besluite neem wat die saak vererger. Wat is dan die oplossing wanneer jy in daardie vreeslike toestand vasgevang is? Hoe hanteer jy dit?

Spreuke 29:25 Jy stel vir jouself ’n slagyster as jy vir mense bang is. Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou. (NLV)

Ja, vrees kan ‘n lokval wees; dit kan rampspoedig wees as ons reageer op dit wat in ons lewens aangaan. Maar as jy op die Here vertrou, sal jy veilig wees.

Beteken dit dat niks ooit verkeerd sal gaan nie? Dat ons nooit sal seerkry nie? Dat ons nooit iets sal verloor nie? Dat ons nie sal sterf nie? Natuurlik nie! Maar as jy in Jesus glo, sal jy selfs op die dag van jou dood, veilig in sy hande wees.

En die enigste oplossing wat ek ken, is om daardie vers vir myself toe te eien. Ek ervaar te midde van daardie ontstellende situasies die vrede van God, wanneer ek my Bybel oopmaak en die Heilige Gees toelaat om God se beloftes op my hart te skryf; en om Hom te vra vir sy vrede wat alle verstand te bowe gaan.

En God het my, selfs te midde van die vreeslikste tye van my lewe, nog nooit, ooit in die steek gelaat nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.