... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Jy Goed Doen

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 2:15 Dit is God se wil dat julle goeie gedrag die mense wat uit onkunde van julle kwaadpraat, sal stilmaak

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Jy Goed Doen


Download audio file

Ons leef vandag in ‘n wêreld waar die dinge wat ons nog altyd geweet het verkeerd is, soos hebsug, wellus, onsedelikheid en dies meer – nou nie slegs aanvaarbaar geword het nie, maar sommer toegejuig word. En wee elkeen wat nie daarmee saamstem nie.

Ek het eens op ‘n tyd saam gejuig! En ek was so diep gekrenk deur daardie Heilige-Hendrik-Christene wat my wou help! Die sondige wêreld is een wat ek baie goed verstaan het. Voor ek ‘n Christen geword het; voordat ek aanvaar het dat wat God vir ons leer, inderdaad reg is, en dat wat Hy as verkeerd bestempel, beslis verkeerd is, was ek verlore. 

Alhoewel ek dit destyds nie sou erken nie, het Christene se geregtigheid tog my gewete aangekla, want diep binne-in het ek geweet hoe groot my sonde was en hoe laakbaar my verkeerde optrede was, maar ek was nie bereid om daarmee op te hou nie. Ek het die Christene in my lewe baie sleg behandel. 

Ja, wanneer jy opstaan teen ‘n onreg, wanneer jy weier om te lag vir die vuil grap wat iemand vertel, wanneer jy weier om te lieg of wanneer jy weier om die onsedelikheid wat deesdae in ons kele afgedruk word, as die norm te aanvaar … sal die wêreld jou daarvoor haat. Nouja, wat is die antwoord?

Staan ons terug? Of swem ons saam met die stroom? Ek dink nie so nie!

1 Petrus 2:15 As jy goed doen, keer jy onkundiges om dwase dinge van jou te sê. Dit is wat God wil hê. (NLV)

Die goedheid sal seëvier. Dít wat jy doen, in kontras met die boosheid van ander en die prys wat jy daarvoor betaal, sal meer lewens beïnvloed as wat jy kan dink. Die goedheid van daardie Christene wat ek vervolg het; hul nederigheid, hul aanvaarding, hul vergifnis … het ‘n ongelooflike kragtige rol daarin gespeel, dat ek tot geloof in Jesus gekom het.

Hou aan om goed te doen. Dis wat God wil hê.

En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.