... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

As Jy My Reistas Kon Sien!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 6:17 Niemand moet dit vir my verder moeilik maak nie, want ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam.

Listen to the radio broadcast of

As Jy My Reistas Kon Sien!


Download audio file

Daar is seker nie een van ons wat nie letsels saamdra van dinge wat ons in die verlede deurgemaak het nie. Dit is net hoe die lewe is. Waarom is so baie mense skaam oor hul letsels?

Gedurende die afgelope agtien maande het my goed-gebruikte, baie geliefde tas die meeste van die tyd in die onderkant van my klerekas gestaan. Uiteraard is daar met die hele COVID-19-ding nie baie gereis nie.

My arme tas is bedek met daardie etikette wat hulle by die vertrekpunt plak om dit outomaties deur bagasie-hantering na die regte vliegtuig te stuur. Dit het duike en skrape. Sy wiele is al verskeie kere vervang, en tog hou hy nog.

Ek hou van daardie ou tas, dit het my deur die jare so goed behandel. Al daardie plakkers, daardie skrape, daardie letsels, getuig van jarelange diens.

Die apostel Paulus was baie soos my ou tas. Hy het soveel ontberings beleef; vyf maal nege en dertig houe gekry, hy het lyfstraf gekry, hy is met klippe gegooi, hy was in die tronk, hy het skipbreuk gely en dan was daar talle sluipmoordpogings op hom uitgevoer. Luister wat hy sê in:

Galasiërs 6:17 Niemand moet dit vir my verder moeilik maak nie, want ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam.

Met ander woorde, daardie letsels getuig van alles wat Hy vir God deurgemaak het. Hy gebruik dit as getuienis vir mense wat dinge vir hom moeilik probeer maak.

Luister vir my. Daardie letsels is deel van wie jy is. Hulle getuig van dit wat jy deurgemaak het. Maar weet jy, letsels spreek ook van genesing. As ek so lief is vir ‘n ou tas wat my getrou gedien het, dink net, hoe groot God se liefde vir jou is … met jou letsels en al.

Daardie letsels is mooi in sy oë. Daardie letsels wys dat jy aan Jesus behoort.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.