... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Behandel Jy Mense Regverdig?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 28:5 Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie; dié wat na die wil van die Here vra, het 'n goeie begrip van alles.

Listen to the radio broadcast of

Behandel Jy Mense Regverdig?


Download audio file

Ons werk al te dikwels met dubbele standaarde wanneer dit by geregtigheid kom. As ons aan die ontvangkant is, is ons standaard hoog. Ons verwag dat ons regverdig behandel sal word. Maar as die rolle omgekeer is … dan is ons standaard weer hopeloos te laag.

Een van die moeilikste dinge wat ek in ‘n leiersposisie moet doen, is om mense af te dank. Ek moes dit gedurende die afgelope veertig jaar miskien ‘n dosyn keer doen, en dit was nog nooit lekker nie.

Maar weet jy: as jy die mense nie kan verander nie, moet jy hulle probeer help en soms by hulle aanpas. En tog is die hoofsaak om die betrokke individu regverdig en waardig te behandel.

Dit beteken om met hulle te praat, vir hulle mooi te verduidelik hoe en waar hulle nie heeltemal aan die vereistes voldoen het nie. Gee hulle dan die geleentheid om hulle standpunt te stel en die nodige aanpassings te maak.

Ons het onlangs in die bediening vir agtien maande lank met ‘n persoon hierdie proses deurgemaak. Party mense sal redeneer dat dit heeltemal te lank is, en glo my, dit was nie maklik nie. Hoe meer grys hare ek in die proses gekry het, hoe nader het ek aan Jesus gekom, en hoe meer het ek geleer om mense regverdig te behandel.

In Spreuke 28:5 staan: Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie; dié wat na die wil van die Here vra, het ‘n goeie begrip van alles.

Wie in jou lewe kom nie hulle plig na nie, presteer nie, doen nie wat hulle veronderstel is om te doen nie? Maar sê my, behandel jy hulle regverdig?

Het jy hulle eksplisiet vertel waar hulle tekort skiet? Het jy die tyd geneem om hulle kant van die saak te hoor en te verstaan? Het jy hulle die tyd, die hulp en die geleentheid gegun om hul lewens te verander?

As jy hulle nie gehelp het nie, was dit onregverdig. Enigiets minder as dit, is nie geregtigheid nie. Ten minste nie wanneer ons van God se geregtigheid praat nie.

dié wat na die wil van die Here vra, het ‘n goeie begrip van alles.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.