... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Belê in Mense

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 5:13,14 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Listen to the radio broadcast of

Belê in Mense


Download audio file

Ek wil hê jy moet dink aan die een persoon op die planeet aarde wat jou die meeste frustreer, wat jou die meeste irriteer. Sien die persoon se gesig voor jou. Goed. Kom ek vra jou: wat wil God hê moet jy vandag vir daardie een persoon doen?

Deesdae blyk dit dat bitter min mense bereid is om in ander se lewens te belê. Nuwe werknemers begin in ‘n organisasie, maar hulle pas nie heeltemal by die kultuur in nie, met die gevolg dat die bestuurder dink: “O nee, dis te moeilik,” en net daar kry hulle die trekpas. Of jy sien hoe organisasies net hul mense tap en tap en leeg tap, sonder om ooit iets terug te belê in húlle, wat dit alles moontlik maak. Dit lyk asof dit deesdae aanvaarbaar is om mense sleg te behandel.

En tog kom die Seun van God na die aarde, versamel ‘n klomp dissipels – vissers, tollenaars – nie teoloë of ervare bestuurders of strategiese beplanners nie, en belê dan drie en ‘n half jaar van sy lewe in hulle. En glo my, dit was nie ‘n maklike taak nie. Hulle het Hom frustreer. Hy het Homself vir hulle vererg. “Hoe lank moet ek julle nog verdra?” Vra hy op ‘n stadium.

Bemagtiging is deesdae so ‘n geykte term wat die bestuur misbruik, maar nie toepas nie.

Ek wonder hoe hierdie wêreld sou lyk as ons ons lewens daaraan sou wy om ander mense op te bou?

Galasiërs 5: 13,14 lees: Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Wie is daar in jou lewe, jou gesin, of die organisasie waarin jy werk, na wie God jou roep om van jouself te gee, om in te belê en te bemagtig? Wie is dit?

Dien mekaar met liefde.

Dit is God se Woord. Vars… vir jou… vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge