... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Groot Verdrukking

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 3:12,13 Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.

Listen to the radio broadcast of

Die Groot Verdrukking


Download audio file

Dit voel tans vir party Christene asof hulle in ‘n situasie, wat ek, “die groot verdrukking” noem, leef. Dit voel asof die militante magte in die samelewing, wat die Evangelie teëstaan, erger gemobiliseer het, as ooit tevore.

Het jy dit ook al ondervind? Wanneer ons sien hoe regerings deur wetgewing godsdiensvryheid beperk, en ervaar hoe daardie militante magte van die bose meer aktief word en meer aggressief die Christelike stem aftakel … dan kan dit amper voel asof hulle wen.

Ons word eers opstandig, dan moedeloos en sê vir onsself: Dit behoort nie so te wees nie! As God die Koning van die konings is, hoekom doen Hy nie iets hieraan nie? Hoekom voel ek dat ek ter wille van my geloof onregverdig vervolg word?

Afhangend van waar jy woon, voel jy dalk nie verdruk nie. Maar, as jy soos ek, iewers woon waar die bevolking histories aangemoedig is om die Christelike boodskap te omhels; kom hierdie stygende gety van teëstand miskien as ‘n skok … vandaar die gevoel van “die groot verdrukking.”

Maar dit behoort glad nie as ‘n verrassing te kom nie. Ons sien hoe Paulus al tweeduisend jaar gelede aan Timoteus geskryf het in:

2 Timoteus 3:12,13 Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.

Het jy dit raakgesien? “Almal”  – dit beteken dat daar geen uitsonderings is nie. As jy aan Christus toegewy is, sal jy vervolg word. En wat van die daardie voorspelling dat dinge erger en erger gaan word? Dit voel regtig nou so, nie waar nie?

Maar, hier is die goeie nuus. Daardie bose mense, mislei hulself. En jy weet verseker jou Koning is steeds op Sy troon.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.