... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Imago Dei

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Genesis 5:1,2 Hier volg die geslagsregister van Adam. Toe God die mense geskep het, het Hy hulle gemaak as beeld van Homself. Man en vrou het Hy hulle geskep en Hy het hulle geseën en hulle “mens” genoem toe hulle geskep is.

Listen to the radio broadcast of

Die Imago Dei


Download audio file

Ons het elkeen ‘n manier om na onsself te kyk. Ons besluit wat ons ​​werd is, en hoe ons met ander vergelyk. Ons noem dit ons “selfbeeld.”  As ons onsself maar net kon sien, soos God ons sien. . .  dan sal alles verander!

Mense het al baie gesê dat ek my pa se ‘loop’ geërf het. En as ek hulle vra: “Wat bedoel julle met ‘sy loop geërf?” Dan het hulle maar net geglimlag.

En toe sien ek myself eendag op televisie. Dit was ‘n onderhoud van vyftien minute en ek was totaal en al geskok oor wat ek gesien het. Al my maniertjies, die manier waarop ek beweeg en praat en beduie het, selfs my gesigsuitdrukkings, was tipies my pa. Ek het geen idee gehad dat ek alles nes my pa doen nie.

Christene sê graag dat ons na die beeld van God gemaak is. Teoloë noem dit die Imago Dei. “Wat beteken dit?” Kyk wat staan in:

Genesis 5:1,2 Hier volg die geslagsregister van Adam. Toe God die mense geskep het, het Hy hulle gemaak as beeld van Homself. Man en vrou het Hy hulle geskep en Hy het hulle geseën en hulle “mens” genoem toe hulle geskep is.

Dit beteken dat of ons nou man of vrou is, God het ons gemaak om soos Hy te wees. En weet jy, hoe meer ek na mense kyk en sien hoe briljant en kreatief en mooi en verrassend en anders en aangenaam hulle is, hoe meer kom ek tot die gevolgtrekking dat daardie Christene reg is. Die Imago Dei is geen klug nie.”

As dit nou nie vir ons sonde was nie, sou ons ‘n weerkaatsing van God kon wees. En ek dink as elkeen van ons net in die spieël wil kyk en onsself sou sien soos God ons sien, sou ons in verwondering fluister: “Ek het geen idee gehad nie!”

Toe God ons geskep het, Hy ons gemaak as beeld van Homself.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge