... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Totale Taak

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 16:14,15 Later het Jesus aan die elftal self verskyn terwyl hulle aan tafel was. Hy het hulle verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart omdat hulle dié wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.

Listen to the radio broadcast of

Die Totale Taak


Download audio file

Met Kersfees wat vinnig op pad is, beplan baie van ons hoe ons daardie spesiale dag gaan deurbring. Vir die meeste van ons sal dit ’n geleentheid wees om saam met die belangrikste mense in ons lewens, met ons geliefdes, deur te bring.

Kersdagvieringe is nie altyd die gemaklikste en die aangenaamste van tye nie, is dit? Ja-nee, hulle sê mos jy kan jou vriende kies, maar jy kan nie jou familie kies nie. Dit gebeur dikwels dat daar een of twee familielede in die geselskap gaan wees, wat moeilike mense is. Miskien is daar selfs een of twee, wat nie in Jesus glo nie en wat openlik teen alles Christelik is. Hm, hoe kan ons so ‘n situasie hanteer?

Die maklikste is seker om eenvoudig nie oor die betekenis van Kersfees te praat nie. Maar weet jy, Kersfees is ‘n tyd wanneer ons ‘n tipe van ‘n lisensie het om van Christus te praat; om die Goeie Nuus van Jesus se koms te deel. En dit, my vriend, is nie iets wat ons veronderstel is om aan “die kundiges” oor te laat nie. Charles Spurgeon het eenkeer gesê: Dit is die totale taak van die hele kerk om die volledige evangelie aan die hele wêreld te verkondig.

As jy in Jesus glo, dan is jy deel van sy kerk. Jesus het dit inderdaad baie duidelik aan Sy dissipels gestel in:

Markus 16:14,15 Later het Jesus aan die elftal self verskyn terwyl hulle aan tafel was. Hy het hulle verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart omdat hulle dié wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.

Die hele wêreld en hele mensdom sluit die Kerstafel in. Dit sluit ook diegene, wat dalk nie bereid is om te luister nie, in. Vind ‘n manier. Vertel hulle waarom jy fees vier. Jesus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.