... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geseënd om te Ly

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 1:29,30 God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle en ek het dieselfde stryd wat julle my vroeër al sien stry het en waarvan julle hoor dat ek nou nog stry.

Listen to the radio broadcast of

Geseënd om te Ly


Download audio file

Wanneer ons deur ‘n tyd van lyding gaan (soos ons almal ongetwyfeld soms gaan), is die laaste ding waaraan ons dink, dat daardie lyding ‘n seën kan wees. Dit kan tog nie reg wees nie – wie sal ooit die twee woorde “lyding” en “seën” in dieselfde asem gebruik?

Wanneer ons oor die toekoms droom, droom ons altyd oor goeie dinge, oor seëninge. Nie een van ons sit ooit daar en hoop en bid vir ‘n tyd van lyding nie. Nee, ons vermy lyding soos die pes. En omdat nie een van ons ooit wil ly nie, is dit gerieflik om die verband tussen seën en lyding, heeltemal uit ons gedagtes te verban.

Die apostel Paulus was ‘n man wat beslis gewoond was aan beide seën en lyding. Kyk wat sê hy in:

Filippense 1:29,30 God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle en ek het dieselfde stryd wat julle my vroeër al sien stry het en waarvan julle hoor dat ek nou nog stry.

Waarom het God jou geseën? Hoe het God jou geseën? Hy het jou geseën met die voorreg om Christus te dien. Sy seëninge aan jou is nie bedoel om by jou te stop nie. Dit is bedoel om tot sy eer deur jou te vloei na die lewens van ander. Dit is die eerste punt.

Punt nommer twee, is dat daar saam met daardie seëninge, wat deur jou vloei, die eer om vir Christus te ly, bykom. Wanneer jy dus die volgende keer swaarkry, onthou net dat wanneer jy met ‘n rein hart en ‘n positiewe gesindheid vir Christus ly, en steeds toelaat dat Sy seëninge deur jou vloei… bring hierdie lyding eer aan Christus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.