... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hou Dit In Gedagte!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:19-20 My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. 'n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

Listen to the radio broadcast of

Hou Dit In Gedagte!


Download audio file

Wanneer laas het jy in woede, sonder om te dink, vir iemand iets toegesnou? Iets wat skade berokken het. Iets waaroor jy spyt voel, en as jy daaroor nadink, baie graag ongedaan sou wou maak?

Ons het elkeen ons eie kruitvat wat ‘n ontploffing kan veroorsaak, nè? Iets wat iemand sê of doen, vuur ons aan. En ons wil hulle instinktief presies vertel wat ons dink.

Oor die jare was hierdie een ding die plek waar ek die meeste skade aangerig het; my grootste bron van spanning, wat selfs verhoudings beskadig het. Die probleem is dat ons dit nie kan terugneem nie. As dit eers gesê is, kan dit nie ongesê raak nie. En tog is hierdie ‘n plek waar ons almal herhaaldelik geneig is om te struikel. Nou kom ons kyk wat is die antwoord:

In Jakobus 1:19-20 staan: My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. ‘n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

As ons hierdie siklus van slegte gedrag wil breek, moet ons besluit om ons instinktiewe reaksie op daardie kruitvat te verander. En hier gee Jakobus – die broer van Jesus – ons die drie eenvoudige stappe.

Eerstens, moet jy gewillig wees om te luister. Dis ‘n taamlik vreemde opdrag. Luister na die ander persoon. Stel vas wat hulle motief  is. Waarom sê hulle wat hulle sê of doen wat hulle doen? Tweedens, moenie te gou praat nie. Praat eers wanneer jy hulle perspektief begryp, hulle redenasie snap, hulle motiewe mooi deurdink het. En uiteindelik, ontlont eers jou eie kruitvat en moet dan nie te gou kwaad word nie. As jy hierdie kosbare raad volg en die drie stappe uitvoer, sal jy sien dat jy baie minder gereeld beheer oor jou tong verloor.

Kan jy my vertel van ‘n situasie waarin ‘n woede uitbarsting positiewe gevolge gehad het? Hm?

‘n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.