... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Alles begin in die Hart

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 27:19 Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan.

Listen to the radio broadcast of

Alles begin in die Hart


Download audio file

Die een ding, dalk die belangrikste ding in die lewe, is om eerlik met onsself te wees. Dit beteken om indringend introspeksie te doen om te sien wie ons werklik is en wie ons geword het.

Die vermoë om oor onsself, oor ons omstandighede, oor ons reaksies en oor die dinge wat ons beheer van ons emosies laat verloor, na te dink, is ‘n Godgegewe gawe. Daar is geen ander skepsel op hierdie aarde wat op so ‘n vlak kan dink nie.

Tog is dit al te dikwels ‘n geskenk wat ons miskyk, bloot omdat ons maar net elke dag dinge vat soos dit kom. Ons reageer soos ons altyd gereageer het. . . ons gaan slaap, ons staan die volgende oggend op en herhaal dit alles op die ou afgesaagde patroon.

Elke oggend sien ons ons eie gesig in die spieël. Maar wanneer staan ons stil om na te dink oor wat in ons harte aangaan? Hoekom voel ons so? Hoe kan ons vandag ons lewe anders leef en anders op die dinge daar buite reageer? Hoe dink jy?

Spreuke 27:19 sê: Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan. (NLV)

Daar is ‘n groot moontlikheid dat, soos ons die onbeduidende, alledaagse dingetjies hanteer, laat ons die dae, die weke, die maande, selfs die jare verbyglip sonder om regtig te veel daaroor na te dink. Maar alles wat ons is, alles wat ons doen … begin in die hart.

So wys jou hart wat in jou aangaan. Jou hart weerspieël watter tipe mens jy is.

Nou ja, watter soort mens is jy? Wie het jy geword? Is dit wie jy regtig wil wees? Is dit hoe jy wil lewe? Dink daaroor na…

Jou hart weerspieël watter soort mens jy is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.