... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jaïrus en die Vrou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 5:27-30 En toe sy van Jesus hoor, het sy in die skare van agter af gekom en aan sy bokleed geraak, want sy het gesê: “As ek maar net aan sy bokleed kan raak, sal ek gesond word.” Die oorsaak van haar bloeding het toe dadelik opgehou, en sy het aan haar liggaam gevoel dat sy van haar kwaal genees is. Jesus het onmiddellik agtergekom dat krag uit Hom uitgegaan het. Hy het in die skare omgedraai en gevra: “Wie het aan my bokleed geraak?”(AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Jaïrus en die Vrou


Download audio file

Laat ek jou vra, hoeveel is jy vir God werd? Wat dink jy; hoe lief het Hy jou, in vergelyking met die volgende persoon? Sou Hy stop wat Hy besig is om vir jou te doen, en jou ignoreer as daar iemand belangriker verbykom?

Ons kan so maklik dink dat God tyd het vir ander mense, maar nie vir ons nie. Ek bedoel ek is tog so onbelangrik. Nie in dieselfde kategorie as daardie persoon daar nie.

Jesus is omring deur ‘n groot menigte toe Jaïrus, die plaaslike sinagoge-leier, ‘n baie belangrike man in die stad, Hom smeek om sy sterwende dogter te kom genees. Maar net toe Jesus aandag aan hom wou gee, onderbreek ‘n vrou wie se naam nooit genoem word nie die verrigtinge. Dit wys ons net hoe onbelangrik sy in die gemeenskap was. En om dinge te vererger, ly sy al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing. Hierdie vrou was volgens die Joodse godsdiens as onrein beskou.

Ons lees in Markus 5:27-30 van haar genesing: En toe sy van Jesus hoor, het sy in die skare van agter af gekom en aan sy bokleed geraak, want sy het gesê: “As ek maar net aan sy bokleed kan raak, sal ek gesond word.” Die oorsaak van haar bloeding het toe dadelik opgehou, en sy het aan haar liggaam gevoel dat sy van haar kwaal genees is. Jesus het onmiddellik agtergekom dat krag uit Hom uitgegaan het. Hy het in die skare omgedraai en gevra: “Wie het aan my bokleed geraak?”(AFR20)

Terwyl Jesus se aandag deur hierdie vrou afgelei is, is Jaïrus ingelig dat sy dogter gesterf het. Maar Jesus het haar tot almal se verbasing uit die dood opgewek. Maar sien jy, dit het niks met status te doen nie; Jaïrus was ‘n gesiene man, terwyl hierdie naamlose vrou ‘n sosiale uitgeworpene was.

Jesus het Hom oor haar ontferm. Wat leer jy hieruit?

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge