... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus is nog altyd Onpopulêr

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 53:3 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.

Listen to the radio broadcast of

Jesus is nog altyd Onpopulêr


Download audio file

Deesdae is mense wat ‘n positiewe impak op die omgewing maak, ongelooflik gewild. Maar, kan dit wees dat die hedendaagse ster-kultus, ons ‘n verdraaide siening van diegene wat werklik ‘n diepgaande verskil maak, gegee het?

Dink aan enige belangrike persoon in die geskiedenis wat ‘n kragtige, positiewe verskil in hierdie wêreld gemaak het en met ‘n bietjie navorsing sal jy waarskynlik ontdek dat hy geweldig teenstand ondervind het.

William Wilberforce, wat ‘n einde gebring het aan wettige slawerny in die Britse Ryk in 1807; Nelson Mandela wat in 1994 ‘n groot rol gespeel het om apartheid in Suid-Afrika te beëindig. Beide het groot teenstand ondervind – Mandela het sewe-en-twintig jaar in die tronk deurgebring.

Vandag onthou ons hulle (en ons noem hier net twee – daar is talle ander mans en vroue) wat groot respek verdien. Maar destyds is hulle deur baie mense gespot, vervolg en gehaat. Hoekom? Want om positiewe verandering teweeg te bring, behels altyd om uitdagende stelsels, wat baie mense onderdruk en min bevoordeel, te bevraagteken.

Wat laat ons dink dat Jesus gewild was? Kyk wat Jesaja, wat eeue vroeër oor Jesus geprofeteer het, geskryf het in:

Jesaja 53:3 Hy was verag en deur die mense verstoot, ‘n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.

En dit is presies wat gebeur het. Hy is gearresteer, gespot en geslaan. Die skare het uitgeroep: “Kruisig Hom” omdat hulle opgesweep is deur die godsdienstige leiers, wie se magsbasis só deur Jesus bedreig is, dat hulle Hom aan ‘n kruis vasgespyker het.

Dink jy dat Jesus vandag meer gewild sou gewees het, as wat Hy destyds was? Of dat die dinge wat Hy gesê en geleer het, vandag meer populêr sou gewees het?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.