... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Gevaarteken

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 13:40-42 “Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.

Listen to the radio broadcast of

Jou Gevaarteken


Download audio file

Hier is ‘n vraag vir jou vandag. Glo jy in die “hel”? Glo jy dat dit ‘n plek van fisiese skeiding van God en ‘n plek van pyniging is, of glo jy dit nie? Want wat ons glo, maak ‘n groot verskil aan hoe ons leef.

Opnames toon dat deurgaans sowat 76% van Amerikaanse Christene, in die hemel glo, maar dat net 32% glo die hel is ‘n plek van ewige pyniging en lyding. ‘n Joernalis van die New York Times het dit ‘n paar jaar gelede so gestel: “Die idee van ‘n ewige verdoemenis is glad nie Bybels, filosofies of moreel geregverdig nie. Dit is egter tog sielkundig aanloklik.” Dit is beslis ‘n interessante perspektief. Ek is nie seker watter Bybel daardie ou gelees het nie, maar kyk wat Jesus gesê het in:

Matteus 13:40-42 “Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. 

Charles Spurgeon het dit so gestel: “Die kruis is die gevaarsein vir jou. Dit waarsku jou dat as God sy enigste Seun nie gespaar het nie, sal Hy jou ook nie spaar nie. Dit is die vuurtoring wat op die rotse van sonde geplaas is om jou te waarsku dat ‘n spoedige en besliste vernietiging op elke sondaar, wat aanhou om teen die Here in opstand te kom, wag.” 

As die hel nie bestaan nie, dan is die hemel betekenisloos. Laat ons dus vandag hierdie openbaring verstaan. Volgens Jesus is die hel ‘n werklikheid.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy