... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Kwalifikasies

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 3:4,5 Ons sê dit omdat ons deur Christus ten volle op God vertrou. Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God,

Somtyds roep God ons om iets te doen waarvoor ons nie regtig bekwaam voel nie. En wat die saak vererger, is dat wanneer ons dan in geloof uitstap, die kritici uit die bloute kom om ons aan te val.

Jy was mos al in so ‘n situasie, nè? God roep jou om iets te doen waarvoor jy so onbekwaam voel, en as jy die sprong van geloof neem, dink mense dat jy mal is.

Toe ek my winsgewende besigheid wou verlaat, omdat ek geroepe gevoel het tot die bediening, was daar ‘n aantal mense, selfs mense wat na aan my was, wat my probeer om praat om dit te laat vaar. Een van my destydse sakevennote was regtig kwetsend daaroor.

Dit is presies wat met die apostel Paulus gebeur het. Hy was nie een van die twaalf oorspronklike apostels nie. Nee, sy ontmoeting met Jesus was heeltemal anders as die ander s’n, maar ten spyte daarvan het hy die goeie nuus van Jesus verkondig.

Daarom het die mense hom nie vertrou nie en hom beledig. Hulle het hom as ‘n bedrieër beskou. Hoekom staan hy onwrikbaar ​​vas? Hier is Paulus se antwoord in:

2 Korintiërs 3:4,5 Ons sê dit omdat ons deur Christus ten volle op God vertrou. Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God,

Met ander woorde, sy vertroue was nie in homself nie en hy het hom nie laat afsit deur wat ander mense gesê het nie. Sy vertroue was in die feit dat God hom geroep het en die krag van God wat deur hom gevloei het, het baie lewens verander.

As ‘n jong prediker, onthou ek dat ek soms deur die uitdrukkinglose  gesigte van gemeentelede ontwrig is, net om later te ontdek dat God tog in daardie situasies lewens gered en verander het.

Gehoorsaam as God jou roep om uit jou gemaksone te tree om iets vir Hom te doen. Vertrou Hom, want dit is God wat jou in staat stel om dit te doen.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.