... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Opstandingsliggaam (1)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 15:37-42 En wat jy saai, saai jy nie in die toekomstige gestalte daarvan nie, maar as 'n blote saadkorrel, of dit nou koring is of iets anders. Maar God gee 'n gestalte daaraan, soos Hy bepaal het; aan elke saadsoort gee Hy 'n eie gestalte. Die vleis van lewende wesens is nie alles eenders nie. Daar is verskil tussen die vleis van mense, van diere, van voëls en van visse. Daar is hemelliggame en daar is aardse liggame. Die glans van die hemelliggame is anders as dié van die aardse liggame. Die glans van die son is anders as dié van die maan of dié van die sterre. Ook verskil die een ster se glans van dié van die ander. So is dit ook met die opstanding van die dooies: wat gesaai word, is verganklik en word in onverganklikheid opgewek;

Listen to the radio broadcast of

Jou Opstandingsliggaam (1)


Download audio file

Vir baie mense is dit relatief maklik om in teorie te glo in Jesus se belofte van die ewige lewe, maar in die praktyk ken ons die harde werklikheid van die dood – ‘n liggaam in ‘n kis. Dis onvermydelik dat ons aardse liggaam vergaan. 

Die kern van die saak is: waar kan jy uitvind hoe die opstanding en die ewige lewe eintlik werk? Hier is Paulus se verklaring in:

1 Korintiërs 15:37-42 En wat jy saai, saai jy nie in die toekomstige gestalte daarvan nie, maar as ‘n blote saadkorrel, of dit nou koring is of iets anders. Maar God gee ‘n gestalte daaraan, soos Hy bepaal het; aan elke saadsoort gee Hy ‘n eie gestalte. Die vleis van lewende wesens is nie alles eenders nie. Daar is verskil tussen die vleis van mense, van diere, van voëls en van visse. Daar is hemelliggame en daar is aardse liggame. Die glans van die hemelliggame is anders as dié van die aardse liggame. Die glans van die son is anders as dié van die maan of dié van die sterre. Ook verskil die een ster se glans van dié van die ander. So is dit ook met die opstanding van die dooies: wat gesaai word, is verganklik en word in onverganklikheid opgewek;

Hier is die antwoord: Glo in Jesus en eendag sal jy ‘n splinternuwe, pragtige hemelse liggaam ontvang wat jou vir ewig sal hou.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.