... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Risiko-beloning-verhouding

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 5:11,12 “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

Listen to the radio broadcast of

Jou Risiko-beloning-verhouding


Download audio file

Ons het elkeen ons eie risiko-beloning-verhouding. Sommige ouens is bereid om groter risiko’s te neem in die hoop op groter belonings. Ander is meer konserwatief in hul benadering en aanvaar kleiner belonings, maar hulle leef ‘n veiliger lewe.

As jy mooi daaraan dink: hoe sou jy jou risiko-beloning-verhouding beskryf?

Een van die grootste risiko’s wat ons in die lewe kan neem, is om vandag ‘n kleiner beloning van die hand te wys, met die idee om in die toekoms ‘n groter beloning te kry. In ‘n onlangse artikel in die Wall Street Journal, beweer ‘n navorser dr. Kaileigh Byrne: Mense word oor die algemeen meer gemotiveer deur onmiddellike bevrediging of onmiddellike voordele, eerder as langtermyn voordele, selfs wanneer die langtermyn voordele baie groter is. Dit is ongetwyfeld heeltemal waar.

Maar, wanneer jy vandag dink aan jou verhoudings in terme van wat dit jou kan kos om Jesus te volg, en die risiko’s wat jy bereid is om te neem, wag daar ‘n veel groter langtermyn beloning op jou. Kyk wat Jesus gesê het in:

Matteus 5:11,12Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.” 

Hoe reageer jy wanneer mense jou beledig, seermaak, en skaamtelose leuens oor jou versprei en bose dinge oor jou sê omdat jy Jesus volg? Is jy geskok, seergemaak en lus om wraak te neem? Dink net: wraak sal onmiddellike bevrediging bring!

Maar Jesus sê: as julle ter wille van My beledig en vervolg word, kry julle ‘n langtermyn beloning. Julle kan die beledigings met vreugde aanvaar en baie bly wees daaroor. Hoekom? … want julle loon is groot in die hemel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.