... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy is die Beste

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 11:11 “Amen, Ek sê vir julle: Onder diegene wat uit vroue gebore is, is daar niemand groter as Johannes die Doper nie; en tog is die geringste in die koninkryk van die hemele groter as hy. (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Jy is die Beste


Download audio file

Het jy al ooit gevoel jy pas nêrens in nie? Asof jy net nie in die groep hoort nie? Ek het dwarsdeur my kinderjare so ongemaklik gevoel. Elke mens wil aanvaar word. Ons wil weet dat ons ‘behoort’. Maar soms ontwyk die gevoel van geborgenheid ons.

Ons is geneig om mense op hul baadjie te takseer. In ons onderbewuste beoordeel ons mense op grond van hul status, hulle voorkoms, hulle intellek, hulle besittings, waar hulle woon en hoe hulle ons behandel. Ons weet ons moet dit nie doen nie, maar ons doen dit gereeld.

Ek bedoel, as ek of jy in Jesus se tyd gelewe het, hoeveel punte sou ons vir Johannes die Doper gegee het?

Hy was regtig ‘n snaakse ou. Hy het sprinkane en heuning geëet, ‘n kleed van kameelhare gedra en in die woestyn hel en verdoemenis gepreek. Dit klink nogal vreemd; ‘n bietjie eksentriek, nie waar nie? En tog was hy Jesus se neef en Jesus het hom gerespekteer. Miskien moet ons hom bo-aan die punte-leer plaas, nie onder nie.

Jesus oordeel nie soos mense nie. Hy sê in:

Matteus 11:11 “Amen, Ek sê vir julle: Onder diegene wat uit vroue gebore is, is daar niemand groter as Johannes die Doper nie; en tog is die geringste in die koninkryk van die hemele groter as hy. (AFR20)

Sjoe! Dit is ‘n wonderlike ding vir die Seun van God om oor ‘n snaakse ou te sê. Maar dan, net daarna, sê Hy dat selfs die geringste persoon in God se koninkryk groter is as Johannes.

Die volgende keer wat jy ‘n bietjie vreemd voel, asof jy nie by die groep inpas nie of voel asof jy nie waardeer word nie, bid ek dat jy hierdie woorde van Jesus sal onthou.

Besef jy, Hy beskou ons as belangriker as selfs die belangrikstes. Dit is hoe Jesus ons sien.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge