... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Krag-loop saam met Jesus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 9:6 Hulle het toe vertrek en die land van een dorpie na die ander deurreis, terwyl hulle die evangelie verkondig en oral siekes gesond maak. (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Krag-loop saam met Jesus


Download audio file

Dit is ‘n baie ongemaklike gevoel wanneer Jesus ons roep om iets te doen, wat ons dink bo ons vuurmaakplek is. Met so ‘n uitdaging is daar baie op die spel. Die kanse vir mislukking is skrikwekkend. En tog, wanneer ons die eerste stap moet neem, is daar iets wat die Here wil hê ons moet weet.

Krag-loop is deesdae die ‘in-ding’. Trek jou harddloopskoene  aan en krag-loop jouself fiks en gesond! Goeie raad. Maar moenie dink dis ‘n nuwe idee nie.

Jesus het destyds al twaalf sy dissipels op ‘n ander tipe krag-lopie na die omliggende dorpe gestuur om mense van Hom te vertel. Hulle het te voet gegaan en Hy het hulle opdrag gegee om niks saam te neem nie; geen kos, geen geld, nie eens vars klere nie.

Maar Jesus het vir hulle iets baie beter gegee as al daardie dinge. Hy het hulle sy krag gegee; die mag om demone uit te dryf; die krag om mense te genees; die krag om Sy woorde in hul harte te spreek. Dit was omtrent ‘n krag-loop!

In Lukas 9:6 staan: Hulle het toe vertrek en die land van een dorpie na die ander deurreis, terwyl hulle die evangelie verkondig en oral siekes gesond maak. (AFR20)

Hierdie manne was nog nie jare lank onder Jesus se leiding nie. Hulle was nie die slimste godsgeleerdes uit Jerusalem nie, maar werkende manne uit die platteland van Galilea. En tog het hulle op hierdie reis gegaan, want hulle was bemagtig deur Jesus, om die goeie nuus te vertel. En – luister mooi hierna – hulle het mense oral genees.

Dis ongelooflik. Jesus roep ons dikwels om iets buite ons natuurlike vermoëns te doen; maar ons vergeet so maklik, dat sy opdrag altyd met sy krag gepaard gaan.

Maar weet jy, as ek terugkyk na my eie lewe, was die situasies waar Hy my geroep het om iets buite my vermoëns te doen, nog nooit sonder om vir my sy krag en sy voorsiening te gee, om dit mee te doen nie.

Nie een keer nie. Sy opdrag kom altyd met sy krag.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge