... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kultuur-oorloë

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 4:7-10 Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop. Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie. Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.”

Wat my baie ontstel oor die Christene van die 21ste eeu, is dat hulle so behep geraak het met etnisiteit en kultuur-oorloë, in plaas daarvan om mense met die liefde van God in Jesus Christus te dien.

Of dit nou politieke ideologieë, geslagspolitiek, vryheid van spraak, of wat ook al is, ons Christene het maniere gevind om ons oortuigings te verdedig. Ons sal ander mense met ongekende woede vertel hoe verkeerd hulle is …. En nou praat ek nie net van “die kerk” nie, maar ook van ons; van my en jou, nie waar nie?

Nou-ja, hierdie kwessies behoort wel in die openbaar bespreek te word. Maar is ons gereed om hierdie kloof met die liefde van Jesus Christus, vir elke persoon op hierdie planeet, te oorbrug, terwyl ons besig is om oor kultuur te stry? 

Jode en Samaritane het mekaar met ‘n passie gehaat. Hulle het dieselfde God aanbid, maar op verskillende maniere en op verskillende plekke. Die twee groepe was etnies verdeeld. En boonop het Jesus toe die kulturele reëls van die eerste eeu oortree deur alleen met ‘n vrou te praat…

Johannes 4: 7-10 Daar kom toe ‘n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My ‘n bietjie water om te drink.” Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop. 

Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat ‘n Jood is, vir my, ‘n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie. 

Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My ‘n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.”

Hm. As hierdie vreemde vrou vir Jesus aanvaarbaar was, wie is ons om te diskrimineer teen ander?

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.