... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Lae Selfbeeld

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 2:20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Listen to the radio broadcast of

Lae Selfbeeld


Download audio file

As jy terugdink aan jou lewe, wat het jy geleer oor hoeveel waarde jy in hierdie wêreld het? Terwyl jy jou waarde vergelyk met die waarde van diegene rondom jou, tot watter gevolgtrekking kom jy? ‘n Rukkie gelede het ek ‘n paar uur saam met ‘n groepie studente aan ‘n Bybelkollege waar ek klasgee, deurgebring. Ons het ‘n groepsbespreking gehad. Hulle opdrag was om na iemand se lewe te kyk. Iemand wat hulle ken, wat regtig probleme in hul lewens het, sodat ons in die klas oor die probleme kon praat. En weet jy, dit was vreemd. Toe die studente oor ‘n vriend of familielid gepraat het, het dit net weer en weer neergekom daarop, dat almal dieselfde probleem ervaar. Elkeen van die mense, waaroor ons gesels het, het ‘n diep gevoel van waardeloosheid gehad. Elkeen! Ek was totaal verstom, maar ek moes dit tog geweet het … Ons leef in ‘n samelewing waar ons enersyds die leuen gevoer word dat ons, ek en jy, die middelpunt van die heelal is, en dat alles om my wentel om my gelukkig te maak … Maar, weet jy, aan die ander kant word ons afgekraak tot ons in sak en as sit, as ons nie voldoen aan die eise wat die wêreld stel nie, om soos die een of ander superheld te wees nie. Wat veroorsaak dit? ‘n Verwronge, verwarde gevoel van eiewaarde? Wat is jy dan regtig werd? In Galasiërs 2:20 staan: en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. Jy is die prys werd wat God bereid was om vir jou te betaal … en dit is ‘n prys wat so hoog is, dat ons dit nie eers kan begryp nie. Die prys wat Hy betaal het, was die lewe van Jesus, sy Seun, wat jou van onskatbare waarde maak! Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge