... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Liefde vir Mense

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:9,10 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

Listen to the radio broadcast of

Liefde vir Mense


Download audio file

Het jy al ooit gebid: “Here, wys my iemand vir wie ek kan help?” Maar dan bring God hierdie asosiale, irriterende sukkelaar oor jou pad … sodat jy vinnig na Hom teruggaan en sê: “Nee God, dis nie die een wat ek wil help nie. Stuur asseblief iemand anders.”

“Liefde” is ‘n maklike woord om te sê; dit is iets maklik om te ontvang, maar dit kan baie, baie moeiliker wees om dit te gee en uit te stort en om vir ander mense daarmee te seën. Ons wil almal geliefd wees, maar meestal is ons ‘n bietjie lui as ons liefde moet gee.

Hoe lyk dit presies om liefde te gee; om ‘n lewe van liefde te leef …?

Kom ons sê dit is koud daar buite en jy het ‘n lekker warm jas. Jy ontmoet iemand op straat wat duidelik nie ‘n jas kan bekostig nie. Jy trek joune uit en gee dit.

Of dalk is daar hierdie persoon wat jy ken, wat sukkel om sy volgende paaiement op sy motor te betaal, en in plaas daarvan om te sê: “Ek sal vir jou, bid,” doen jy die betaling namens hom.

Of daar is hierdie ou vir wie jy regtig nie ooghare het nie, wat vandag eensaam en alleen lyk. Jy nooi hom huis toe vir ete. Of …

Wag ‘n oomblik! Dit klink alles net ‘n bietjie belaglik, of hoe?

Gee jou jas weg. Betaal die motorpaaiement. Nooi die ou vir ete? Ag nee. Dis sommer bog. Wie het daarmee vorendag gekom?

Romeine 12: 9,10 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

Kan ek jou dus sagkens, maar baie direk vra, wie het God op jou pad geplaas om jou die geleentheid te gee om liefde te bewys? Hm?

Jou liefde moet opreg wees.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge