... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Motivering van die Hart

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 12:35,36,40 “Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. En wees soos mense wat vir hulle eienaar wag om van die bruilofsfees terug te kom, sodat hulle, wanneer hy tuiskom en klop, dadelik vir hom kan oopmaak. Wees julle ook gereed, want die Seun van die Mens kom op 'n tyd wanneer julle dit nie verwag nie.”(AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Motivering van die Hart


Download audio file


Het jy al opgelet dat dit soms voel asof die lewe net voortjaag? Ek het soveel dinge wat vandag, môre en die volgende dag gedoen moet word … en natuurlik jy ook. Ons gaan maar net op die ou trant voort om die dinge te doen. Totdat dit eendag skielik aan ‘n einde kom. Wat gebeur dan?

Vandag sal jou hart honderdduisend keer klop. Dit is nege en dertig en ‘n half miljoen keer per jaar. Gegewe die gemiddelde leeftyd van ongeveer vyf en sewentig jaar, is dit ongeveer drie miljard hartkloppe. Sjoe, die hart is ‘n ongelooflike ding.

Die vraag is, wat gebeur as dit stop?

Dink net aan die heelal, die ontsaglike onmeetbaarheid van die heelal. Dis so groot dat ons nie eers weet waar dit eindig nie. Honderd biljoen sterre in ons sterrestelsel alleen. Triljoene op triljoene sterrestelsels.

Ons weet nie presies hoe dit begin het nie. Mense praat van die oerknal-teorie; maar hoe het die goed wat in die eerste plek ‘geknal’ het, daar bo gekom? En hoe het dit gebeur dat ons op hierdie brose rotsmassa beland het; ‘n aardbol, wat presies op die regte afstand van die son af is en die ongelooflikste verskeidenheid lewe onderhou?

‘Wat gebeur as jou hart ophou klop’, is so ‘n belangrike vraag. Want as jy dít verstaan, kan jy nou doen, wat jy moet doen, om jou gereed te maak vir daardie oomblik.

Jesus het dit so gestel in:

Lukas 12:35,36 en 40 “Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. En wees soos mense wat vir hulle eienaar wag om van die bruilofsfees terug te kom, sodat hulle, wanneer hy tuiskom en klop, dadelik vir hom kan oopmaak.

Wees julle ook gereed, want die Seun van die Mens kom op ‘n tyd wanneer julle dit nie verwag nie.” (AFR20)

Is jy gereed? Want as Jesus is, wie Hy gesê het Hy is, is dit nóú die  tyd om te glo. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge