... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

My Redder Leef

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Job 19:25,26 Maar ek, ek weet: My Losser leef! Uiteindelik sal Hy op aarde opstaan. Nadat hulle my vel so afgeskeur het, sal ek, 'n mens van vlees en bloed, God sien (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

My Redder Leef


Download audio file

As dit voel asof alles om jou in duie stort, as jou probleme en pyn dreig om jou te oorweldig en dit voel asof niemand, selfs nie eers God, aan jou kant is nie … wat dan? Hoe sal jy reageer? Wat sal jy glo?

Ek is nie seker of jy al ooit die verhaal van Job in die Ou Testament gelees het nie, maar dit is een waarna ek keer op keer terugkom, want dit is ‘n ontnugterende verhaal oor lewenswaarhede.

Job is een van die goeie ouens. Hierdie man was opreg en onberispelik in sy optrede; hy het vir God ontsag gehad en die kwaad vermy ( Job1:1). En tog laat God, vir redes wat nooit vir Job, of vir ons, heeltemal duidelik is nie, toe dat die duiwel hom aanval. In die proses verloor Job alles wat vir hom saak maak, behalwe sy eie lewe.

Sy vriende is ook van geen hulp nie. Hulle kom bymekaar en sê vir hom:  “Job, jy moes iets regtig sleg gedoen het vir God om jou so te straf.” Ai, wie het vyande nodig, met sulke vriende?

Job roep telkens weer tot God. “God, waarom doen U dit aan my? Dis nie regverdig nie. Ek het niks verkeerd gedoen nie. Hoe lank gaan U hiermee aanhou?” Miskien het jy ook al so gevoel?

Maar te midde van een van sy klaagliedere kom Job tot hierdie gevolgtrekking …

 Ons lees in: Job 19:25,26  Maar ek, ek weet: My Losser leef! Uiteindelik sal Hy op aarde opstaan. Nadat hulle my vel so afgeskeur het, sal ek, ‘n mens van vlees en bloed, God sien. (AFR20)

Te midde van al sy pyn en probleme, te midde van alles, het Job geweet dat God, sy Verlosser, leef. Sy vertroue op God is nie geskend nie. Hy het geweet dat Hy God eendag sou sien. Dit was genoeg. Dit is altyd genoeg.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge