... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus Doen Dinge Anders

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 7:32-36 Die mense bring toe 'n dowe man wat ook 'n spraakgebrek het na Hom toe en vra Hom om tog sy hand op hom te lê. Hy het hom eers eenkant toe gevat, weg van die mense af. Toe het Hy sy vingers in die man se ore gesteek en spoeg aan sy tong gesmeer. Daarna het Hy na die hemel toe opgekyk, gesug en vir hom gesê: “Effata!” Dit beteken: Gaan oop! Sy ore het dadelik oopgegaan, die belemmering van sy spraak het verdwyn, en hy het reg gepraat. Jesus het die mense belet om dit vir iemand anders te vertel, maar hoe meer Hy hulle belet het, hoe meer het hulle dit verkondig

Listen to the radio broadcast of

Jesus Doen Dinge Anders


Download audio file

Kom ons sê dit kaalkop vir mekaar: ons wil hê dat mense konvensioneel en voorspelbaar moet wees. Niemand van ons hou van daardie mense wat wispelturig optree en ons verras nie. En tog, hoe beter jy Jesus leer ken, hoe meer ontdek jy dat Hy inderdaad een van daardie mense is.

Stel jou voor jy is die Seun van God en dat jy die vermoë het om mense van enige siekte te genees, maar nou skep dit probleme met die godsdienstige leiers van jou tyd. ‘n Dowe man kom na jou en vra jou om hom te genees. Wat doen jy? Doen jy dit in die geheim of waar almal dit kan sien?

Ek weet dat as ek die mag gehad het om te genees, sou ek my nie deur die kritici laat afsit het nie en ek sou seker gemaak het dat hulle presies weet wat ek gedoen het. Maar nie Jesus nie …

Markus 7: 32-36 Die mense bring toe ‘n dowe man wat ook ‘n spraakgebrek het na Hom toe en vra Hom om tog sy hand op hom te lê. Hy het hom eers eenkant toe gevat, weg van die mense af. Toe het Hy sy vingers in die man se ore gesteek en spoeg aan sy tong gesmeer. Daarna het Hy na die hemel toe opgekyk, gesug en vir hom gesê: “Effata!” Dit beteken: Gaan oop!

Sy ore het dadelik oopgegaan, die belemmering van sy spraak het verdwyn, en hy het reg gepraat. Jesus het die mense belet om dit vir iemand anders te vertel, maar hoe meer Hy hulle belet het, hoe meer het hulle dit verkondig.

Ons verwag dat God konvensioneel en voorspelbaar sal wees. Maar so dikwels is Hy heeltemal die teenoorgestelde. Watter reg het ons om te sê: “God doen dit sis of so?” Wie is ons om perke of grense te stel aan hierdie God wat die heelal geskep het?

Weet jy, God doen dinge op sy manier! Dis dit.

En dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge