... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Wandeling Op die Meer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 6:19,20 Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword. Maar Hy sê vir hulle: “Dit is Ek; moenie bang wees nie.”

Listen to the radio broadcast of

‘n Wandeling Op die Meer


Download audio file

Of ons nou daarvan hou of nie, daar kom dikwels storms oor ons lewens wanneer ons dit die minste verwag, en as ons op ons kwesbaarste is. En tog het Jesus die gewoonte om daar te wees – daar in die storm.

Stel jou hierdie prentjie voor. Jy is op ‘n meer in ‘n klein bootjie. ‘n Hewige storm kom op en die boot begin so erg heen en weer kantel, dat dit lyk asof dit gaan sink en dat jou kans op oorlewing in hierdie stormagtige meer inderdaad skraal is. Jy vrees vir jou lewe.

En terwyl dit alles aan die gang is, kyk jy op en daar sien jy iemand besig om ‘n wandeling te neem. Nie langs die kuslyn nie, nee, op die meer! Hierdie iemand loop op die water. Dit laat  jou adrenaline pomp. Ons lees in:

Johannes 6:19,20 Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword. Maar Hy sê vir hulle: “Dit is Ek; moenie bang wees nie.”

Maar dan klim Hy in jou boot en met ‘n enkele opdrag uit sy mond bedaar jou storm. Ongelooflik!

Nou kan ons begin twyfel en wonder of dit ooit gebeur het of nie. Ek glo met my hele hart dat Jesus wel op daardie meer geloop het en dat Hy die storm laat bedaar het.

Die vraag is egter: gebeur dit vandag nog? As jy in jou klein bootjie op hierdie groot oseaan van die lewe vaar en ‘n storm wil jou oorweldig, kom Jesus en klim in jou boot en laat jou  vrees verdwyn.

Ek het al ‘n paar noue ontkomings in my lewe deurgemaak, maar op ‘n dag het Hy deur die storm geloop en in my boot geklim. Die lewe was sedertdien nog nooit weer dieselfde nie. Net Jesus bring daardie Vrede.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge