... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Net God Ken Die Antwoord

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 139:23,24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad

Listen to the radio broadcast of

Net God Ken Die Antwoord


Download audio file

Ek en jy dink graag dat ons onsself redelik goed ken. Ons glo dat ons teen hierdie tyd van ons lewens ‘n redelike goeie begrip het van wie ons is; waar ons sterkpunte lê en wat ons swakhede is.

Maar as ons eerlik is, sal ons moet erken dat ons onsself nie regtig so goed ken nie. Jy dink dalk alles gaan voor die wind en dat jy heeltemal suksesvol is in jou poging om ‘n goeie mens te wees. . . 

Maar toe raak jy skielik die kluts kwyt! Iets tref jou van die skeelkant af; jy reageer sleg, jy byt iemand se kop af en net daar beskadig jy ’n verhouding en faal jy God. En al jou goeie bedoelings lê aan skerwe.

Hoekom het ek dit nie sien kom nie? Hoekom het ek dit gedoen? Wat het ek gedink?

Dit het ook met koning Dawid gebeur. Hy voel onrustig en besef dat hy God se wysheid nodig het:

Psalm 139: 23 en 24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad.

Ek en jy is sulke komplekse wesens. Die ervaring uit die verlede wat ons gevorm het; hetsy goed of sleg, het ons gevul met hoop of wanhoop. So het vreugde en probleme ‘n groot invloed op ons hart en verstand gehad en ons gees weggevreet. 

Die waarheid is dat ons onsself nie naastenby so goed ken soos God ons ken of verstaan nie. Dit is hoekom dit die moeite werd is om God te vra om ons te ondersoek, om ons denke deur te kyk, om ons te toets, om seker te maak dat ons op die regte pad is. Want net Hy weet werklik.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.