... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Net Te Slim

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 4:29 Hulle het opgespring en Hom uit die dorp gedryf. En hulle het Hom geneem tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom daar af te gooi.(AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Net Te Slim


Download audio file

Ons ken almal die idioom: om iemand op sy baadjie te takseer. In ‘n boekwinkel of biblioteek, haal jy die boeke wat aantreklik lyk, van die rak af. Maar die waarheid is – en ons weet dit almal – die omslag vertel nie die volledige verhaal nie.

Daar is ‘n bekende joernalis wat net om die draai van my woon. Hy is ‘n uitgesproke ateïs. Dit blyk dat sy pa ‘n predikant was en dat hy nie veel van sy pa gehou het nie.

Nou ja, hierdie man is indrukwekkend: hy is slim, wel ter tale en wyd belese. Ek het baie van sy werke gelees en op die oog af het hy goeie en geldige redes om God te verwerp. Sommige redes is intellektueel. Sommige van sy argumente is redelik geldige kritiek op georganiseerde godsdiens.

Jesus het baie mense genees en kragtige boodskappe gelewer en dit was ook wat Hy in sy tuisdorp, Nasaret, kom doen het.

Aanvanklik was die inwoners beïndruk deur wat Hy gepredik het, maar toe begin sy bure en familie vrae vra: ‘Wie dink hierdie man is hy? Is dit nie die kind van Josef en Maria nie? Jaag Hom weg.” En toe het die goeie inwoners van Nasaret so kwaad geword vir Hom en in…

Lukas 4:29 staan: Hulle het opgespring en Hom uit die dorp gedryf. En hulle het Hom geneem tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom daar af te gooi. (AFR20)

Dis darem oordadig – dink jy nie so nie?

Dit val my op dat hierdie joernalis en die mense van Jesus se tuisdorp iets in gemeen het.

Hulle het nooit regtig gestop om te luister of met Hom te gesels nie. Hulle het nie probeer om Jesus, wat beweer dat hy die Seun van God is, regtig te leer ken nie. Soveel mense is gretig om Jesus te verwerp. Hulle vorm opinies, sonder om ooit te ontdek wie Hy is en of Hy regtig bestaan.

Dis regtig hartseer.

En dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge