... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nie in Jou Eie Krag Nie, Maar…

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Kronieke 16:11 Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.

Listen to the radio broadcast of

Nie in Jou Eie Krag Nie, Maar…


Download audio file

Ek het al gehoor hoe mense sê dat God jou nooit vra om iets te doen waarvoor jy nie toegerus is nie. Hm. Ek weet nie waar hulle vandaan kom nie, maar dit lyk asof God my voortdurend vra om dinge, wat ver bo my vuurmaakplek is, te doen.

Nie een van ons hou daarvan om onbekwaam te voel nie. Jy hou nie daarvan nie, en ek ook nie … maar as ons eerlik wil wees, is die waarheid dat ons dikwels gekonfronteer word met dinge wat buite ons ervaringsveld lê.

Toe ek kinders grootgemaak het, dink ek nie ek het ooit heeltemal soos ‘n perfekte pa gevoel nie. Of wat nog van gister, toe ek ‘n moeilike vergadering moes lei. Ek het geweet dat daar konflik gaan wees, en hoewel my gawe een van leierskap is, het ek regtig nie geweet of ek die vaardigheid het om die mense in harmonie te laat funksioneer nie.

Wat van jou? Wanneer laas het jy ‘n bietjie onbekwaam vir ‘n taak gevoel?

Ek het al Christene hoor sê, en miskien het jy ook al gehoor dat hulle sê, dat ons nie dinge uit ons eie krag moet doen nie, maar in God s’n. Dit klink mooi, maar wat beteken dit eintlik en hoe is dit veronderstel om te werk? Ons lees in:

1 Kronieke 16:11 Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.

Koning Dawid, wat deur soveel verskriklike, lewensbedreigende situasies was, het dit geskryf met die wysheid wat nabetragting bring. Dit is wysheid wat uit twee dele bestaan:

Eerstens, moet jy op God vertrou vir krag. Moenie twyfel nie, moenie die kluts kwytraak nie, moenie bekommerd wees nie … wees afhanklik van God vir sy krag. En tweedens, hoe kry jy sy krag? Deur altyd – het jy dit verstaan? Altyd – sy hulp te vra.

As jy die volgende keer onbekwaam voel, gaan na God en vra vir sy krag. Want dit is presies wat Hy wil hê jy moet doen.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.