... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om God te Behaag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 19:14 Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Om God te Behaag


Download audio file

Partykeer lyk dit of die lewe ‘n konstante stryd is tussen om ons eie belange te bevredig en om ander mense tevrede te stel. Soms kry ons daardie balans reg. Ander kere is dit nie so maklik nie. En wanneer ons dit nie regkry nie, is dit ‘n gemors.

Sê my, as jy in die oggend uit die bed rol, wie beplan jy om daardie dag tevrede te stel? Jouself, ander, God … of dalk dink jy nie so daaraan nie?

Oor die jare het ek op die moeilike manier geleer dat dit nie so ‘n goeie idee is om nie daaraan te dink nie. Want as ons dit nie vooraf bedink nie, werk dinge nie so goed uit nie.

Sommige van ons (ek is self hieraan skuldig) versuim om genoeg aandag aan onsself te gee. En dit is dikwels tot nadeel van ander en beslis tot nadeel van ons verhouding met God. Sommige mense lei uiteindelik hul lewens uitsluitlik om ander mense gelukkig te hou. Hulle word vloermatte vir ander mense. Nie een van hierdie twee lewenstyle strek jou tot voordeel nie.

Hier is hoe koning Dawid dit in sy gebed tot God gestel het:

Psalm 19:14 Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser. (NLV)

Dawid was ‘n man na God se hart. En sy hart, sy prioriteit, was om God te behaag. Dit vra opoffering. Dit behels vergifnis. Dit behels dat jy jou tong moet beheer wanneer jy lus het om ‘n bitsige antwoord te gee. Trouens, dit behels baie dinge wat ons nie van nature wil doen nie.

Nou waarom wil Dawid daardie dinge doen? Want hy vertrou die Here. Hy noem Hom, Here, my rots en my Verlosser.

Dit is sy motivering. Hoeveel keer was God jou Rots? Hoeveel keer het Hy jou al gered? Leef jou lewe, in die eerste plek, om Hom te behaag.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.